0 (jaar)

Die jaar 0 word nie in die Gregoriaanse kalender of sy voorganger, die Juliaanse kalender, gebruik nie. Dit is egter vir die kalender ISO 8601:2004 en vir astronomiese jaarnommering gedefinieer, waar dit ooreenstem met die Gregoriaanse jaar 1 v.C. Die jaar daarvoor word -1 genoem, wat ooreenstem met die Gregoriaanse jaar 2 v.C. Positiewe jare stem ooreen met Gregoriaanse jare ná Christus; die jaar 1 dui dus op 1 n.C.

Die jaar 0 kom ook in Boeddhistiese en Hindoekalenders voor.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search